Die wetsontwerp oor onteiening sonder vergoeding is onlangs vir openbare kommentaar gepubliseer. As hierdie wetsontwerp as wet aanvaar word, sal dit beteken dat die staat die mag het om eiendom in Suid-Afrika sonder vergoeding te onteien. Daar is wesenlike gebreke in die wetsontwerp wat eiendomsreg ernstig bedreig.

Konsepwet

AfriForum het daarom reeds ’n omvattende veldtog teen onteiening sonder vergoeding op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur. Lees meer oor hierdie aksies hieronder.

Onteiening


Malema hits grondbesetting aan ondanks hofverskyning

Julius Malema, leier van die EFF, het vandeesweek te midde van sy hofverskyning in Newcastle voortgegaan om ondersteuners buite die hof aan te moedig om grond te beset. Malema het op aanklagte van die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956 verskyn....

AfriForum gaan na parlement om wysiging van Grondwet teen te staan

AfriForum gaan eerskomende Dinsdag ’n voorlegging by die parlement se grondwetlike hersieningskomitee indien wat vroeër die mandaat gegee is om te ondersoek of die Grondwet gewysig moet word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Die burgerregte-organisasie...

AfriForum kap Sisulu met feite ná beskuldigings van leuens

Terwyl Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, en haar departement AfriForum verlede week daarvan beskuldig het dat die organisasie vals inligting versprei en internasionaal paniek saai, is feite vandag op ’n nuuskonferensie voorgehou...

AfriForum werf steun in VSA teen onteiening en plaasmoorde

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die afgelope week in Washington, D.C. groot vordering gemaak met sy inisiatief om buitelandse steun te werf vir sy veldtogte met betrekking tot die beskerming van eiendomsreg en die prioritisering van ’n aksieplan teen...

Zimbabwiese boere eis miljarde in skadevergoeding van SA-regering

Altesaam 25 boere en boerderymaatskappye uit Zimbabwe het pas met die ondersteuning van AfriForum ’n dagvaarding teen die Suid-Afrikaanse regering en die president uitgereik vir skadevergoeding van nagenoeg R2 miljard. Dié boere het skade gely weens die...