STOP

ONTEIENING

Sonder vergoeding!

Onteieningswetsontwerp 2020

Een van die alternatiewe wyses wat die ANC wil gebruik om grond sonder vergoeding te kan onteien, is deur die Onteieningswetsontwerp B 23-2020, wat in Oktober 2020 in die Staatskoerant gepubliseer is. Dit is sedertdien as deel van die parlementêre proses ingestel. Volgens dié wetsontwerp word onteiening gedefinieer as “verpligte verkryging van eiendom deur ’n onteieningsowerheid”, wat beteken dat enige staatsliggaam of ‑departement privaat eiendom mag onteien. Dié wetsontwerp maak die onteiening van enige “eiendom” moontlik en is dus nie tot grond beperk nie, maar sluit sowel alle roerende eiendom (byvoorbeeld jou besittings) as onroerende eiendom (byvoorbeeld jou gebou, huis en infrastruktuur) in. Hierdie wetsontwerp vloei nie voort uit die proses om artikel 25 van die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak nie; dit poog om ’n nuwe weg te baan vir die regering om privaat eiendom binne die huidige raamwerk van artikel 25 van die Grondwet te onteien.

AfriForum het in 2021 skriftelike kommentaar teen die Onteieningswetsontwerp by die portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur ingedien, asook ’n mondelingse voorlegging daarteen gedoen.

Op 14 September 2022 gaan die portefeuljekomitee oor die Onteieningswetsontwerp stem. Maak jou stem teen hierdie wetsontwerp saam met AfriForum dik, want dit bedreig privaateiendomsreg. Vul asseblief die vorm in sodat AfriForum ’n brief namens jou aan die portefeuljekomitee kan stuur. 

Die Onteieningswetsontwerp [B 23B – 2020] is weer oop vir openbare kommentaar.

Die Onteieningswetsontwerp [B 23B – 2020] is weer oop vir ’n volgende rondte van openbare kommentaar. Die wetsontwerp dien tans voor die Nasionale Raad van Provinsies vir goedkeuring. Die Nasionale Raad van Provinsies is die finale stap voor die wetsontwerp wet word. Vorige kommentaar van die publiek rakende die wetsontwerp is nie by die Nasionale Raad van Provinsies ingedien nie, maar eerder die Nasionale Vergadering. Alle vorige kommentaar moet dus weer ingedien word, sodat dit deur die Nasionale Raad van Provinsies oorweeg kan word.

AfriForum het in Maart 2023 ons geskrewe kommentaar teen hierdie wetsontwerp ingedien by die Raad van Provinsies. As deel van hierdie fase het die Gautengse Wetgewer se Portefeuljekomitee oor Infrastruktuurontwikkeling en Eiendomsbestuur ’n aparte geleentheid geskep vir kommentare vanaf die publiek in ’n provinsiale konteks. AfriForum gaan hier ook geskrewe kommentaar indien, asook deelneem aan die openbare verhore. Die publiek kan ons help in hierdie stryd vir eiendomsreg deur ook kommentare in te dien by hierdie geleentheid.

AfriForum het hierdie proses vir die publiek vereenvoudig en vergemaklik. Al wat ons lede en die publiek moet doen, is om die vorm hier bo in te vul, dan dien AfriForum namens jou ’n gedetailleerde kommentaar in teen hierdie vernietigende wetsontwerp. In die verlede is wetsontwerpe gedurende hierdie fase, waar dit na die Raad van Provinsies en die president gestuur word vir goedkeuring, gestuit vanweë openbare en internasionale druk. Dit is noodsaaklik dat die burgerlike samelewing en die publiek elke geleentheid tot ons beskikking ten volle sal benut om hierdie destruktiewe wetsontwerp mondelings teen te staan.

Manifes in reaksie op onteieningswetsontwerp

AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie ’n omvattende veldtog geloods teen die onteieningswetsontwerp wat privaateiendomsreg bedreig. Hierdie veldtog het ’n plaaslike, nasionale en internasionale komponent.

Nasionaal behels hierdie veldtog ’n manifes, wat die onteieningswetsontwerp teenstaan, en onderteken is deur 14 burgerregte-, landbou-, politieke- en ander organisasies van regoor die land.

AfriForum gaan op plaaslike vlak sy takke mobiliseer om die manifes aan hul provinsiale regerings te oorhandig. As deel van die internasionale komponent van hierdie veldtog, gaan AfriForum briewe rig aan die ambassades in die land. In hierdie briewe versoek AfriForum dat hierdie ambassades hul tuislande in kennis sal stel van die nuutste bedreiging van privaateiendomsreg in Suid-Afrika. AfriForum beplan ook om die uitgebreide netwerk van kontakte wat die organisasie oor die jare in die buiteland opgebou het, in te lig oor die gevare van die onteieningswetsontwerp.

AfriForum versoek nou dat ons lede en die publiek ook hul naam agter hierdie manifes sit deur jou naam by te voeg:


April 2022

’n ANC ekonomiese beleidsdokument is gepubliseer wat nuwe voorstelle bevat oor grondhervorming, insluitend die skepping van ’n Landbou-ontwikkelingsagentskap wat die taak opgelê is om beleid en prosesse te skep wat…
Lees meer April 2022

Januarie 2022

President Ramaphosa meld dat die ANC beplan om voort te gaan met sy planne om grondonteiening sonder vergoeding in 2022 bekend te stel. Ramaphosa sê: “Die ANC sal sy besluit…
Lees meer Januarie 2022

Desember 2021

Minister van Justisie, Ronald Lamola, sê: “Om die Grondwet te verander was net een van die instrumente wat ons kon gebruik het. Die saak is nou klaar. Ons sal nou…
Lees meer Desember 2021

April 2022

’n ANC ekonomiese beleidsdokument is gepubliseer wat nuwe voorstelle bevat oor grondhervorming, insluitend die skepping van ’n Landbou-ontwikkelingsagentskap wat die taak opgelê is om beleid en prosesse te skep wat…
Lees meer April 2022

Januarie 2022

President Ramaphosa meld dat die ANC beplan om voort te gaan met sy planne om grondonteiening sonder vergoeding in 2022 bekend te stel. Ramaphosa sê: “Die ANC sal sy besluit…
Lees meer Januarie 2022

Desember 2021

Minister van Justisie, Ronald Lamola, sê: “Om die Grondwet te verander was net een van die instrumente wat ons kon gebruik het. Die saak is nou klaar. Ons sal nou…
Lees meer Desember 2021

Die wetsontwerp oor onteiening sonder vergoeding is onlangs vir openbare kommentaar gepubliseer. As hierdie wetsontwerp as wet aanvaar word, sal dit beteken dat die staat die mag het om eiendom in Suid-Afrika sonder vergoeding te onteien. Daar is wesenlike gebreke in die wetsontwerp wat eiendomsreg ernstig bedreig.

AfriForum het daarom reeds ’n omvattende veldtog teen onteiening sonder vergoeding op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur. Lees meer oor hierdie aksies hieronder.