|

Stop onteiening sonder vergoeding!

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.22″][et_pb_row _builder_version=”3.25″ background_size=”initial” background_position=”top_left” background_repeat=”repeat”][et_pb_column type=”4_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_text admin_label=”Text” _builder_version=”4.9.1″ hover_enabled=”0″ sticky_enabled=”0″]

Die ANC volhard steeds in sy poging om die Grondwet te wysig om hulself in staat te stel om enige eiendom sonder vergoeding te kan onteien.

Die parlementêre ad hoc-komitee oor die wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding toe te laat, het sy verslag hierdie maand aanvaar. Die volgende stap is dat die Parlement die wetsontwerp en die komiteeverslag oorweeg.

AfriForum het reeds kommentaar ingedien en dit duidelik gemaak dat ons dié wetsontwerp in geheel verwerp. Onteiening sonder vergoeding sal ernstige negatiewe gevolge vir die ekonomie inhou. Dit gaan nie net oor grond nie: Die voorgestelde wysiging maak dit duidelik dat die staat enige eiendom sal kan onteien.

Die stryd teen onteiening sonder vergoeding duur voort en AfriForum het jou steun nodig om ons opposisie teen hierdie vernietigende beleid verdere momentum te gee. Gee ons jou mandaat om aan te hou baklei:

AfriForum het jou steun nodig om ons sterker te maak in dié stryd. Gee ons jou mandaat om aan te hou baklei.

Oops! We could not locate your form.

Lees AfriForum se kommentaar hier.

[/et_pb_text][et_pb_text disabled_on=”on|on|on” _builder_version=”4.1″ background_size=”initial” background_position=”top_left” background_repeat=”repeat” disabled=”on”]Die regering het ’n wetsontwerp gepubliseer om die reg tot privaat eiendom in die Grondwet te wysig en vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak. Die publiek het tot tyd 31 Januarie 2020 kans om hierop kommentaar te lewer.

Dit blyk dat die regering dié proses wil deurdruk terwyl die publiek se aandag deur die feesgety afgetrek word.

AfriForum het reeds ’n hofaansoek gebring om die proses wat tot op hede deur die parlementêre komitee gevolg is om die Grondwet te wysig weens prosedurele onreëlmatighede ongeldig te verklaar. AfriForum sal ook omvattende kommentaar op die wetsontwerp indien en sy regstryd teen onteiening sonder vergoeding in 2020 voortsit.

Ons het egter jou hulp nodig!

Dit is nie nodig dat jy self op die besonderhede van die wetsontwerp kommentaar lewer nie. Al wat jy hoef te doen, is om jou stem by AfriForum se beswaar teen dié wetsontwerp te voeg. AfriForum was tot op hede die grootste rolspeler om aan die publiek ’n stem te gee om teen onteiening sonder vergoeding standpunt in te neem. Ons beoog om hierdie stryd in groot getalle voort te sit.

BELANGRIK: As jy reeds jou naam by AfriForum se veldtog gevoeg, moet jy dit asseblief weer doen. Die vorige petisie was met betrekking tot die onreëlmatighede in die openbaredeelnameproses. Dit is waaroor AfriForum reeds in ’n regstryd gewikkel is. Dié keer is dit nie oor die openbaredeelnameproses nie, maar teen die wetsontwerp wat gepubliseer is om die reg om privaat eiendom te besit in die Grondwet te wysig.

Moenie dat die ANC en die regering hierdie saak oor die feestyd deurdruk nie. Help AfriForum om die grondwetlike wysiging te stop!

Voeg jou naam by AfriForum se aksie teen die wysiging van die Grondwet!

Oops! We could not locate your form.


[/et_pb_text][et_pb_text disabled_on=”on|on|on” _builder_version=”4.1″ background_size=”initial” background_position=”top_left” background_repeat=”repeat” disabled=”on”]

Sien AfriForum se kommentaar in verband met onteiening sonder vergoeding hier.

Stuur AfriForum se kommentaar aan die parlement:

Oops! We could not locate your form.

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Similar Posts