#Farmattacks

#Farmmurders

Suid-Afrikaanse boere word daagliks deur plaasaanvalle bedreig. Hoewel die nuutste syfers, soos elke jaar, skokkend is, weier die regering steeds om plaasaanvalle en -moorde as prioriteitsmisdade te hanteer. AfriForum skep egter hoop deur veiligheidstrukture te skep om die veiligheid van mense op plase te verbeter. Dié burgerregte-organisasie se nuutste statistieke wys ook dat plaasaanvalle toeneem, maar plaasmoorde afneem, wat daarop dui dat plaasgemeenskappe besig is om meer weerbaar te word. AfriForum het verder omvattende bewusmakings-, veiligheids-, voorkomings- en ondersteuningsveldtogte op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur.

Plaasmoorde