#Farmattacks

#Farmmurders

Suid-Afrikaanse boere word daagliks deur plaasaanvalle bedreig. Hoewel die nuutste syfers, soos elke jaar, skokkend is, weier die regering steeds om plaasaanvalle en -moorde as prioriteitsmisdade te hanteer. AfriForum skep egter hoop deur veiligheidstrukture te skep om die veiligheid van mense op plase te verbeter. Dié burgerregte-organisasie se nuutste statistieke wys ook dat plaasaanvalle toeneem, maar plaasmoorde afneem, wat daarop dui dat plaasgemeenskappe besig is om meer weerbaar te word. AfriForum het verder omvattende bewusmakings-, veiligheids-, voorkomings- en ondersteuningsveldtogte op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur.

Plaasmoorde


Organisasies staan saam teen plaasmoorde

Verskeie burgerlike organisasies en opposisiepartye het vandag tydens ’n gesamentlike mediakonferensie in Centurion standpunt teen plaasmoorde ingeneem en ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om indringend in te gryp om dié krisis te prioritiseer. Die...

Dr. Werner Emslie-plaasmoord: Verdagte op vrye voet

AfriForum het verneem dat Petrus Dambiso Moyo die afgelope 24 uur uit die Ellisras-polisiestasie se aanhoudingselle ontsnap het. Moyo is een van vier verdagtes wat verdink word van die moord op dr. Werner Emslie op 20 September 2017 op die plaas Afguns. “Dr. Emslie is...

Polisie vervolg kwaadwillig ná #SwartMaandag

Dit het onder AfriForum se aandag gekom dat daar in Limpopo, die Vrystaat en KwaZulu-Natal onregmatig op gemeenskapslede se aanmelding by polisiestasies aangedring word na aanleiding van hul betrokkenheid by vandeesweek se #SwartMaandag-betogings regoor die land. ...

#SwartMaandag: AfriForum kondig aksies teen plaasmoorde aan

Terwyl die burgerregte-organisasie AfriForum en honderde lede van die publiek vandag ’n oomblik van stilte vir al die slagoffers van plaasmoorde by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou het, is  die bejaarde Bokkie Potgieter (70) wreed op ’n plaas in Vryheid in...

Ope brief vanaf Kallie Kriel

Beste vriende, OPROEP OM BY BUURTWAGTE IN TE SKAKEL Ons almal is met reg woedend en ontsteld oor die wrede moorde op boere terwyl die regering skynbaar niks daaraan doen nie. Dié plaasaanvalle hou nou al jare aan, en vanjaar was daar reeds 341 aanvalle en 70 moorde....

#STOPDIEMOORDE – Tydlyn

AfriForum dryf reeds sedert 2012 ’n veldtog om plaasmoorde te laat prioritiseer. Hoewel die organisasie van mening is dat die probleem nog nie ten volle opgelos is nie, beskou dit die aankondiging as ’n reusesprong in die regte rigting.  Hieronder volg die...

Chris Loubser-video: AfriForum rou saam oor plaasmoorde

Die vlaag wrede plaasaanvalle en nie minder nie as 70 plaasmoorde wat sedert 1 Januarie vanjaar gepleeg is, het die landelike gemeenskap en die meeste landsburgers laat steier. Die vraag op mense se lippe is “wat kan ek doen?” So ook het Chris Loubser, ’n...