#Farmattacks

#Farmmurders

Suid-Afrikaanse boere word daagliks deur plaasaanvalle bedreig. Hoewel die nuutste syfers, soos elke jaar, skokkend is, weier die regering steeds om plaasaanvalle en -moorde as prioriteitsmisdade te hanteer. AfriForum skep egter hoop deur veiligheidstrukture te skep om die veiligheid van mense op plase te verbeter. Dié burgerregte-organisasie se nuutste statistieke wys ook dat plaasaanvalle toeneem, maar plaasmoorde afneem, wat daarop dui dat plaasgemeenskappe besig is om meer weerbaar te word. AfriForum het verder omvattende bewusmakings-, veiligheids-, voorkomings- en ondersteuningsveldtogte op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur.

Plaasmoorde


Plaasaanvalslagoffers deel hul stories met internasionale media

Die burgerregte-organisasie AfriForum se gemeenskapsveiligheidspan het op 6 November 2018 saam met ’n Franse radiostasie, Radio France Internationale (RFI), ’n plaasaanvalslagoffer besoek om oor plaasaanvalle en grondbesetting in Suid-Afrika te gesels. David Baché van...

ANC-verklaring is nie genoeg om plaasaanvalle te stuit nie

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die feit verwelkom dat die ANC vandag plaasmoorde in ’n mediaverklaring veroordeel het, maar bygevoeg dat verklarings alleen nie genoeg is om die krisis in die praktyk hok te slaan nie. Die organisasie het opnuut ’n beroep op...