#Farmattacks

#Farmmurders

Suid-Afrikaanse boere word daagliks deur plaasaanvalle bedreig. Hoewel die nuutste syfers, soos elke jaar, skokkend is, weier die regering steeds om plaasaanvalle en -moorde as prioriteitsmisdade te hanteer. AfriForum skep egter hoop deur veiligheidstrukture te skep om die veiligheid van mense op plase te verbeter. Dié burgerregte-organisasie se nuutste statistieke wys ook dat plaasaanvalle toeneem, maar plaasmoorde afneem, wat daarop dui dat plaasgemeenskappe besig is om meer weerbaar te word. AfriForum het verder omvattende bewusmakings-, veiligheids-, voorkomings- en ondersteuningsveldtogte op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur.

Plaasmoorde


Statistiek bewys plaasaanvalle nie sosio-ekonomies gemotiveerd

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die nuutste plaasaanvalstatistiek vir 2019 bekend gemaak. ’n Plaasaanvalslagoffer het ook die grusame gebeure van die aanval waartydens sy geskiet en verkrag is met die media gedeel. Altesaam...

AfriForum werf steun in VSA teen onteiening en plaasmoorde

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die afgelope week in Washington, D.C. groot vordering gemaak met sy inisiatief om buitelandse steun te werf vir sy veldtogte met betrekking tot die beskerming van eiendomsreg en die prioritisering van ’n aksieplan teen...

Plaasaanvalle neem toe, maar plaasmoorde neem af

Gedurende 2018 was daar ’n afname in plaasmoorde, maar ’n skerp styging in plaasaanvalle. Dit dui daarop dat hoewel die probleem vererger, mense beter na hul veiligheid omsien en hulself beter verdedig. Dít is van die bevindinge wat die burgerregte-organisasie...

AfriForum spreek Wes-Australiese parlement toe oor plaasmoorde

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n voorlegging oor plaasmoorde in Suid-Afrika aan lede van die Wes-Australiese parlement gemaak. Dié voorlegging volg nadat daar vanjaar reeds nagenoeg 346 plaasaanvalle en 46 -moorde aangeteken is, terwyl pres. Cyril...

Plaasmoorde: Weduwee rig videoboodskap aan Ramaphosa en die VSA

Mariandra Heunis, wie se man in 2016 vermoor is, het ’n video op haar Facebook-blad gepubliseer waarin sy ’n boodskap aan president Cyril Ramaphosa en die mense van die VSA rig oor die krisis van plaasmoorde in Suid-Afrika. Die video is in reaksie op Ramaphosa se...