#Farmattacks

#Farmmurders

Suid-Afrikaanse boere word daagliks deur plaasaanvalle bedreig. Hoewel die nuutste syfers, soos elke jaar, skokkend is, weier die regering steeds om plaasaanvalle en -moorde as prioriteitsmisdade te hanteer. AfriForum skep egter hoop deur veiligheidstrukture te skep om die veiligheid van mense op plase te verbeter. Dié burgerregte-organisasie se nuutste statistieke wys ook dat plaasaanvalle toeneem, maar plaasmoorde afneem, wat daarop dui dat plaasgemeenskappe besig is om meer weerbaar te word. AfriForum het verder omvattende bewusmakings-, veiligheids-, voorkomings- en ondersteuningsveldtogte op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur.

Plaasmoorde


Trauma van plaasmoord gaan nooit verby, sê Mariandra Heunis

Twee jaar nadat Mariandra Heunis se man, Johan, koelbloedig voor haar en haar dogtertjie doodgeskiet is, veg sy voort om die boodskap oor die wreedheid van plaasmoorde na die wêreld uit te dra. Heunis het vandeesweek ’n video vrygestel waarin sy vir pres. Cyril...

Kill the Boer-boek amptelik bekendgestel

https://www.youtube.com/watch?time_continue=1&v=kCWsSf2HoUE Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, se boek Kill the Boer wat handel oor die wreedaardige werklikheid van plaasaanvalle in Suid-Afrika en hoe die Suid-Afrikaanse regering tot die krisis...

Kill the Boer-boek bevestig wrede werklikheid van SA-boere

“Soms voel dit dat om ’n plaasmoord te oorleef is erger as om vermoor te word want jy moet elke dag daarmee saamleef.” So het Mariandra Heunis, ’n slagoffer van ’n wreedaardige plaasaanval, vandag tydens die mediabekendstelling van Ernst Roets, adjunk- uitvoerende...

AfriForum stel plaasveiligheidsassessering bekend

Die burgerregtewaghond AfriForum het vandag die eerste weergawe van dié organisasie se plaasveiligheidsassessering bekend gestel as hulpmiddel vir mense in landelike gebiede om hul eiendomme te beveilig. Dit volg ná sowat 110 plaasaanvalle en -moorde landwyd sedert...

Assesseringsgids vir plaasveiligheid vandag bekendgestel

Plaasmoorde en plaasaanvalle is ’n tergende krisis en vraagstuk waarmee derduisende Suid-Afrikaners daagliks worstel. In plaas daarvan om net beskuldigings voor die ANC-regering of politici se deur te lê of die ekonomie of armoede die skuld te gee, het AfriForum se...

AfriForum kap Sisulu met feite ná beskuldigings van leuens

Terwyl Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, en haar departement AfriForum verlede week daarvan beskuldig het dat die organisasie vals inligting versprei en internasionaal paniek saai, is feite vandag op ’n nuuskonferensie voorgehou...