Die wetsontwerp oor onteiening sonder vergoeding is onlangs vir openbare kommentaar gepubliseer. As hierdie wetsontwerp as wet aanvaar word, sal dit beteken dat die staat die mag het om eiendom in Suid-Afrika sonder vergoeding te onteien. Daar is wesenlike gebreke in die wetsontwerp wat eiendomsreg ernstig bedreig.

Konsepwet

AfriForum het daarom reeds ’n omvattende veldtog teen onteiening sonder vergoeding op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur. Lees meer oor hierdie aksies hieronder.

Onteiening


Ramaphosa moet IMF-waarskuwing oor eiendomsreg ernstig opneem

Die burgerregte-organisasie AfriForum meen dat pres. Cyril Ramaphosa, die regering en die regerende ANC ernstige nabetragting moet doen oor hul beleidsposisies met betrekking tot die onteiening van privaat eiendom, veral in die lig van die waarskuwing wat die...

Dawie Roodt praat by AfriForum se George-tak

Die burgerregte-organisasie AfriForum se George-tak het op 13 Junie 2018 ’n praatjie deur Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, in die N.G. Kerk George-Suid se kerksaal aangebied. Die praatjie is deur ongeveer 200 lede van die publiek bygewoon. Dawie Roodt...

Stop Malema se blaf voor hy kan byt

Julius Malema is ’n spieëlbeeld van die politieke kultuur en aggressiewe ideologie wat die ANC oor die jare geskep het om die land oor te neem. Hy is onbeheerbaar, onverantwoordelik, radikaal, in opstand teen enige gesag, intimideer teenstanders en bedryf populistiese...

Die boer is die plaas

Die hoë verwagtings wat die parlementêre besluit van die ANC en EFF oor konfiskering van grond geskep het, het ’n ruimte geskep vir die politieke opsweping van arm mense om grond onwettig te beset. Die EFF misbruik hierdie verwagtings deur die afvat van grond voor te...