Die wetsontwerp oor onteiening sonder vergoeding is onlangs vir openbare kommentaar gepubliseer. As hierdie wetsontwerp as wet aanvaar word, sal dit beteken dat die staat die mag het om eiendom in Suid-Afrika sonder vergoeding te onteien. Daar is wesenlike gebreke in die wetsontwerp wat eiendomsreg ernstig bedreig.

Konsepwet

AfriForum het daarom reeds ’n omvattende veldtog teen onteiening sonder vergoeding op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur. Lees meer oor hierdie aksies hieronder.

Onteiening


ONTEIENING SONDER VERGOEDING

Beste AfriForum-ondersteuner ONTEIENING SONDER VERGOEDING Soos jy weet het die parlement onlangs ’n mosie ten gunste van onteiening sonder vergoeding aanvaar. Hierdie was ’n beginselbesluit en die parlement moet nou ondersoek instel oor hoe artikel 25 van die grondwet...

Vyf redes waarom AfriForum die plaaslys gepubliseer het

AfriForum het die afgelope naweek ’n lys gepubliseer wat binne die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming (DLOG) versprei word. Dit bevat ’n lys van 190 eiendomme (daar is 195 op die lys, maar vyf moet van die totaal afgetrek word om dubbele...