Die wetsontwerp oor onteiening sonder vergoeding is onlangs vir openbare kommentaar gepubliseer. As hierdie wetsontwerp as wet aanvaar word, sal dit beteken dat die staat die mag het om eiendom in Suid-Afrika sonder vergoeding te onteien. Daar is wesenlike gebreke in die wetsontwerp wat eiendomsreg ernstig bedreig.

Konsepwet

AfriForum het daarom reeds ’n omvattende veldtog teen onteiening sonder vergoeding op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur. Lees meer oor hierdie aksies hieronder.

Onteiening


COPE en AfriForum vat hande in teenstand teen Grondwetwysigings

COPE en AfriForum het vandag by ’n gesamentlike konferensie in Pretoria aangekondig dat hulle kragte gaan saamspan om te versoek dat die Suid-Afrikaanse publiek en die internasionale gemeenskap druk toepas om te verhoed dat die ANC/parlement sonder ’n wettige mandaat...

Ramaphosa moet IMF-waarskuwing oor eiendomsreg ernstig opneem

Die burgerregte-organisasie AfriForum meen dat pres. Cyril Ramaphosa, die regering en die regerende ANC ernstige nabetragting moet doen oor hul beleidsposisies met betrekking tot die onteiening van privaat eiendom, veral in die lig van die waarskuwing wat die...

Malema hits grondbesetting aan ondanks hofverskyning

Julius Malema, leier van die EFF, het vandeesweek te midde van sy hofverskyning in Newcastle voortgegaan om ondersteuners buite die hof aan te moedig om grond te beset. Malema het op aanklagte van die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956 verskyn....

AfriForum gaan na parlement om wysiging van Grondwet teen te staan

AfriForum gaan eerskomende Dinsdag ’n voorlegging by die parlement se grondwetlike hersieningskomitee indien wat vroeër die mandaat gegee is om te ondersoek of die Grondwet gewysig moet word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Die burgerregte-organisasie...

AfriForum kap Sisulu met feite ná beskuldigings van leuens

Terwyl Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, en haar departement AfriForum verlede week daarvan beskuldig het dat die organisasie vals inligting versprei en internasionaal paniek saai, is feite vandag op ’n nuuskonferensie voorgehou...