Die wetsontwerp oor onteiening sonder vergoeding is onlangs vir openbare kommentaar gepubliseer. As hierdie wetsontwerp as wet aanvaar word, sal dit beteken dat die staat die mag het om eiendom in Suid-Afrika sonder vergoeding te onteien. Daar is wesenlike gebreke in die wetsontwerp wat eiendomsreg ernstig bedreig.

Konsepwet

AfriForum het daarom reeds ’n omvattende veldtog teen onteiening sonder vergoeding op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur. Lees meer oor hierdie aksies hieronder.

Onteiening


Minister moet duidelikheid gee oor plaasonteieningslys

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n beroep gedoen op Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, om uitsluitsel te gee oor die lys van plase wat die departement vir onteiening sonder vergoeding sal teiken. Dit volg nadat...

AfriForum publiseer lys van plase wat vir onteiening geteiken word

AfriForum het vandag die lys van plase op sy webblad bekend gemaak wat klaarblyklik deur die regering geïdentifiseer is om in die komende weke sonder vergoeding onteien te word. Dít volg nadat die regerende ANC in die afgelope week gesê het dat die party 139 plase vir...

Hoekom ‘onteiening sonder vergoeding’ nou bespoedig word

Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer vir gemeenskapsake by AfriForum Teen hierdie tyd is dit seker al oorbekend dat daar ’n wesenlike gevaar van onteiening (van enige eiendom) sonder vergoeding is. Kortom is daar vroeër vanjaar ’n mosie deur die parlement aangeneem...

AfriForum ondersoek regstappe oor onteiening sonder vergoeding

Die burgerregtewaghond AfriForum het die parlement skriftelik in kennis gestel dat die organisasie met sy regspan sal konsulteer rakende die opsie om die proses wat behels dat artikel 25 van die Grondwet gewysig word ten einde die staat te bemagtig om eiendom sonder...