|

Mosie oor grondhervorming is ’n verbreking van die 1994-ooreenkoms

AfriForum het die mosie wat vandag in die parlement aanvaar is, ingevolge waarvan ’n proses van stapel gestuur word om grondhervorming sonder vergoeding uit te voer, as ’n verbreking van die 1994-ooreenkoms bestempel.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat die historiese skikking van 1994 een was waarin die ANC – onder die leiding van president Cyril Ramaphosa, wat as hoofonderhandelaar vir die party opgetree het – die onderneming aan minderhede gegee het dat hul belange in die nuwe Suid-Afrika beskerm sal word.

“Dié mosie is op ’n verwronge beeld van die verlede gebaseer. Die term ‘onteiening sonder vergoeding’ is ’n vorm van semantiese bedrog. Dit is niks meer as rassistiese diefstal nie.”

Roets voeg by dat AfriForum dié mosie sal beveg, selfs al moet die stryd in die raadsale van die Verenigde Nasies (VN) gevoer word.

Similar Posts