|

Dawie Roodt praat by AfriForum se George-tak

Die burgerregte-organisasie AfriForum se George-tak het op 13 Junie 2018 ’n praatjie deur Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, in die N.G. Kerk George-Suid se kerksaal aangebied. Die praatjie is deur ongeveer 200 lede van die publiek bygewoon.

Dawie Roodt het oor hindernisse en geleenthede in die Suid-Afrikaanse ekonomie gesels, asook onderwerpe soos grondonteiening, e-geldeenhede soos Bitcoin en die toekoms van die Suid-Afrikaanse ekonomie aangeraak.

AfriForum se George-tak het ook tydens die geleentheid ’n nuwe takvoorsitter verkies.

“Ons wens vir André du Preez sterkte toe met dié groot taak,” sê Deon de Jager, distrikskoördineerder vir AfriForum in die Wes-Kaap.

Stuur ’n e-pos na deon.dejager@afriforum.co.za om by die George-tak betrokke te raak.

Similar Posts