|

AfriForum voeg stem by die veldtog teen die Wysigingswetsontwerp op Onteiening

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat hy sy volle gewig sal ingooi by die veldtog vir die beskerming van eiendomsreg om die Wysigingswetsontwerp op Onteiening teen te staan. Dié aankondiging volg nadat die wetsontwerp vandag deur die kabinet goedgekeur is.
Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat die bedreiging van eiendomsreg die enkel grootste bedreiging vir die demokratiese bestel in Suid-Afrika is.

“Eiendomsreg is die hoeksteen van demokrasie. As eiendomsreg nie gerespekteer word nie kan daar nie ʼn vryemark wees nie. As die vryemark bedreig word, is die welvaart van alle Suid-Afrikaners in gedrang,” het Roets gesê.

ʼn Veldtog vir die beskerming van eiendomsreg is vroeër vanjaar deur AfriSake van stapel gestuur.

• Die wetsontwerp sal eersdaags aan die parlement voorgelê word vir goedkeuring.

Similar Posts