Buiteland neem toenemend standpunt in teen onteiening sonder vergoeding
|

Buiteland neem toenemend standpunt in teen onteiening sonder vergoeding

AfriForum verwelkom die feit dat die wetgewende raad van Nieu-Suid-Wallis in Australië gister ’n mosie aanvaar het wat onteiening sonder billike vergoeding (OSV) ten sterkste veroordeel. Dié mosie lees onder meer dat die raad sterk veroordeling uitspreek teen a) enige oproep vir die moord op, marginalisering, vervolging, viktimisering of teikening van enige rassegroep in Suid-Afrika…

|

Blootgelegde onteieningslys: AfriForum, TLU SA en Sakeliga gaan gesamentlike regstrategie ter beskerming van eiendomsreg ontwikkel

AfriForum, die landbou-unie TLU SA en die sake-organisasie Sakeliga het besluit om kragte saam te snoer en ’n gesamentlike regstrategie te ontwikkel om die regering se voorgenome planne om eiendom sonder vergoeding te onteien, teen te staan. Dié besluit volg nadat ’n interne besprekingsdokument van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming (DRDLR), wat ’n…

Minister moet duidelikheid gee oor plaasonteieningslys
|

Minister moet duidelikheid gee oor plaasonteieningslys

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n beroep gedoen op Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, om uitsluitsel te gee oor die lys van plase wat die departement vir onteiening sonder vergoeding sal teiken. Dit volg nadat AfriForum gister ’n lys gepubliseer het wat tans onder die opskrif Expropriation Test Cases in dié departement gesirkuleer…

AfriForum publiseer lys van plase wat vir onteiening geteiken word
|

AfriForum publiseer lys van plase wat vir onteiening geteiken word

AfriForum het vandag die lys van plase op sy webblad bekend gemaak wat klaarblyklik deur die regering geïdentifiseer is om in die komende weke sonder vergoeding onteien te word. Dít volg nadat die regerende ANC in die afgelope week gesê het dat die party 139 plase vir hierdie doel geïdentifiseer het. Die lys van plase…

|

Onteiening sonder vergoeding: AfriForum versoek internasionale beleggers in videoboodskap om druk op SA-regering te plaas

  Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag begin om ’n videoboodskap wyd onder internasionale beleggers, graderingsagentskappe en regerings te versprei. In dié video versoek AfriForum beleggers om druk op die Suid-Afrikaanse regering en president Cyril Ramaphosa te plaas om van hul planne af te sien om eiendom sonder vergoeding te onteien. Dié videoboodskap is vanoggend vervaardig…

AfriForum deel Zoeloe-koning se sentiment oor onteiening sonder vergoeding
|

AfriForum deel Zoeloe-koning se sentiment oor onteiening sonder vergoeding

AfriForum deel Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini se sentiment oor die onteiening van eiendom sonder vergoeding en die burgerregte-organisasie is bereid om saam met alle rolspelers te werk wat standpunt teen hierdie voorgenome beleid inneem. Dít volg nadat koning Zwelithini gister met die sesessie van Zoeloeland gedreig het indien die beleid van onteiening sonder vergoeding geïmplementeer word….

|

Werkende mense en eienaars van privaat eiendom uitgesluit by openbare deelname oor onteiening

Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy beswaar uitgespreek oor die feit dat werkende mense uitgesluit word van die openbaredeelnameproses wat deur die parlementêre komitee gereël word oor onteiening sonder vergoeding. Dit volg nadat die komitee aangekondig het dat al die openbaredeelnamevergaderings om 11:00 in die oggend sal plaasvind. AfriForum het vroeër aan die komitee geskryf en…

|

Hoekom ‘onteiening sonder vergoeding’ nou bespoedig word

Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer vir gemeenskapsake by AfriForum Teen hierdie tyd is dit seker al oorbekend dat daar ’n wesenlike gevaar van onteiening (van enige eiendom) sonder vergoeding is. Kortom is daar vroeër vanjaar ’n mosie deur die parlement aangeneem om te kyk na hoe Artikel 25 van die Grondwet gewysig kan word om…

AfriForum wil mondelinge voorlegging aan parlement maak oor onteiening sonder vergoeding
|

AfriForum wil mondelinge voorlegging aan parlement maak oor onteiening sonder vergoeding

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n formele versoek ingedien om ’n mondelinge voorlegging te maak aan die parlementêre komitee wat met die hersiening van artikel 25 van die Grondwet gemoeid is. In ’n skrywe aan Vincent Smith, die voorsitter van dié komitee, sê Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, dat AfriForum meer as 200 000…

AfriForum oorhandig memorandum en petisie teen onteiening by die parlement
|

AfriForum oorhandig memorandum en petisie teen onteiening by die parlement

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n memorandum en ’n petisie, waarmee daar teen die voorgenome proses van onteiening sonder vergoeding beswaar aangeteken word, by die parlement ingedien. ’n Petisie wat deur sowat 250 000 bekommerde lede van die publiek onderteken is, waarin daar beswaar teen onteiening sonder vergoeding aangeteken word, is ook by die parlement ingedien….

End of content

End of content