STOP

ONTEIENING

Sonder vergoeding!

Onteieningswetsontwerp 2020

Een van die alternatiewe wyses wat die ANC wil gebruik om grond sonder vergoeding te kan onteien, is deur die Onteieningswetsontwerp B 23-2020, wat in Oktober 2020 in die Staatskoerant gepubliseer is. Dit is sedertdien as deel van die parlementêre proses ingestel. Volgens dié wetsontwerp word onteiening gedefinieer as “verpligte verkryging van eiendom deur ’n onteieningsowerheid”, wat beteken dat enige staatsliggaam of ‑departement privaat eiendom mag onteien. Dié wetsontwerp maak die onteiening van enige “eiendom” moontlik en is dus nie tot grond beperk nie, maar sluit sowel alle roerende eiendom (byvoorbeeld jou besittings) as onroerende eiendom (byvoorbeeld jou gebou, huis en infrastruktuur) in. Hierdie wetsontwerp vloei nie voort uit die proses om artikel 25 van die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak nie; dit poog om ’n nuwe weg te baan vir die regering om privaat eiendom binne die huidige raamwerk van artikel 25 van die Grondwet te onteien.

AfriForum het in 2021 skriftelike kommentaar teen die Onteieningswetsontwerp by die portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur ingedien, asook ’n mondelingse voorlegging daarteen gedoen.

Op 14 September 2022 gaan die portefeuljekomitee oor die Onteieningswetsontwerp stem. Maak jou stem teen hierdie wetsontwerp saam met AfriForum dik, want dit bedreig privaateiendomsreg. Vul asseblief die vorm in sodat AfriForum ’n brief namens jou aan die portefeuljekomitee kan stuur. 

DIE STRYD VIR PRIVAATEIENDOMSREG EN TEEN ONTEIENING SONDER VERGOEDING DUUR VOORT

Die publiek kan nou al AfriForum se saak in hierdie stryd versterk deur hul ondersteuning vir privaateiendomsreg en teenstand teen onteiening sonder vergoeding aan te teken:

AfriForum het in Maart 2023 ons geskrewe kommentaar teen hierdie wetsontwerp by die Nasionale Raad van Provinsies ingedien. As deel van hierdie fase het die Gautengse Wetgewer se portefeuljekomitee oor infrastruktuurontwikkeling en eiendomsbestuur ’n aparte geleentheid geskep vir die publiek om in ’n provinsiale konteks kommentaar in te dien. AfriForum het ook hiér geskrewe kommentaar ingedien en aan die openbare verhore deelgeneem.

Klik op die skakel hierna om te kyk na AfriForum se voorlegging teen die onteieningswetsontwerp voor die Gautengse Wetgewer se portefeuljekomitee oor infrastruktuurontwikkeling en eiendomsbestuur:


In September 2023 het AfriForum die stryd teen die onteieningswetsontwerp voortgesit met ’n mondelinge voorlegging voor die parlementêre komitee vir vervoer, staatsdiens en administrasie, openbare werke en infrastruktuur in Kaapstad. Ernst van Zyl, AfriForum se hoof van openbare betrekkinge, het ’n lys van polities ongerieflike feite oor grond en grondhervorming in Suid-Afrika aan dié komitee voorgelê, asook ’n lys van oplossings wat AfriForum voorstel. Kyk hier na die voorlegging:


In Maart 2024 het die Nasionale Raad van Provinsies die onteieningswetsontwerp aangeneem. Dit was toe weer na die Nasionale Vergadering terugverwys, wat die wetsontwerp ook aanvaar het. Die volgende en finale stap is dus dat dit na die president se kantoor vir bekragtiging gestuur word. Indien die president hierdie wetsontwerp bekragtig, sal AfriForum ons volgende stappe aankondig om privaateiendomsreg te beskerm. AfriForum sal ook die eerste organisasie wees wat die regering voor die hof daag indien die regering eiendom vir onteiening sonder vergoeding begin teiken.

Manifes in reaksie op onteieningswetsontwerp

AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie ’n omvattende veldtog geloods teen die onteieningswetsontwerp wat privaateiendomsreg bedreig. Hierdie veldtog het ’n plaaslike, nasionale en internasionale komponent.

Nasionaal behels hierdie veldtog ’n manifes, wat die onteieningswetsontwerp teenstaan, en onderteken is deur 14 burgerregte-, landbou-, politieke- en ander organisasies van regoor die land.

AfriForum gaan op plaaslike vlak sy takke mobiliseer om die manifes aan hul provinsiale regerings te oorhandig. As deel van die internasionale komponent van hierdie veldtog, gaan AfriForum briewe rig aan die ambassades in die land. In hierdie briewe versoek AfriForum dat hierdie ambassades hul tuislande in kennis sal stel van die nuutste bedreiging van privaateiendomsreg in Suid-Afrika. AfriForum beplan ook om die uitgebreide netwerk van kontakte wat die organisasie oor die jare in die buiteland opgebou het, in te lig oor die gevare van die onteieningswetsontwerp.

AfriForum versoek nou dat ons lede en die publiek ook hul naam agter hierdie manifes sit deur jou naam by te voeg:


April 2022

’n ANC ekonomiese beleidsdokument is gepubliseer wat nuwe voorstelle bevat oor grondhervorming, insluitend die skepping van ’n Landbou-ontwikkelingsagentskap wat die taak opgelê is om beleid en prosesse te skep wat…
Lees meer April 2022

Januarie 2022

President Ramaphosa meld dat die ANC beplan om voort te gaan met sy planne om grondonteiening sonder vergoeding in 2022 bekend te stel. Ramaphosa sê: “Die ANC sal sy besluit…
Lees meer Januarie 2022

Desember 2021

Minister van Justisie, Ronald Lamola, sê: “Om die Grondwet te verander was net een van die instrumente wat ons kon gebruik het. Die saak is nou klaar. Ons sal nou…
Lees meer Desember 2021

April 2022

’n ANC ekonomiese beleidsdokument is gepubliseer wat nuwe voorstelle bevat oor grondhervorming, insluitend die skepping van ’n Landbou-ontwikkelingsagentskap wat die taak opgelê is om beleid en prosesse te skep wat…
Lees meer April 2022

Januarie 2022

President Ramaphosa meld dat die ANC beplan om voort te gaan met sy planne om grondonteiening sonder vergoeding in 2022 bekend te stel. Ramaphosa sê: “Die ANC sal sy besluit…
Lees meer Januarie 2022

Desember 2021

Minister van Justisie, Ronald Lamola, sê: “Om die Grondwet te verander was net een van die instrumente wat ons kon gebruik het. Die saak is nou klaar. Ons sal nou…
Lees meer Desember 2021

Die wetsontwerp oor onteiening sonder vergoeding is onlangs vir openbare kommentaar gepubliseer. As hierdie wetsontwerp as wet aanvaar word, sal dit beteken dat die staat die mag het om eiendom in Suid-Afrika sonder vergoeding te onteien. Daar is wesenlike gebreke in die wetsontwerp wat eiendomsreg ernstig bedreig.

AfriForum het daarom reeds ’n omvattende veldtog teen onteiening sonder vergoeding op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur. Lees meer oor hierdie aksies hieronder.